Digitale era hou nare tameletjie vir musiek in

2011-01-10 10:56
Tweets Share Share line Print

Daar word deesdae baie geskryf oor die digitale era van musiek. Kassette, CD’s en plate is tog só oudmodies, klink dit.

Maar, word daar in die nuutste uitgawe van die musiektydskrif Rolling Stone geskryf, die digitale tegnologie veroorsaak ook ’n nare probleem.

Die Beggars Banquet-plate-etiket wou in 2009 ’n luukse weergawe van die rockgroep Cult se 1985-album Love uitreik. Die oorspronklike langspeler was ’n vroeë digitale opname en tot die skok van die vervaardigers was een meesteropname onspeelbaar.

Die ander het net 80% van die oorspronklike album bevat. Welkom in die digitale era!

“Dis die probleem met digitaal,” sê Steve Webbon van die Beggars-groep. “Wanneer dit weg is, is dit weg.”

Tot in die 1980’s is musiek in Amerika op analoog-bandopnames bewaar wat maklik in kluise geberg en ewe maklik teruggespeel kon word.

Hierdie bergingsproses is in die digitale era onherroeplik verander. Maar, soos die voorval met die Cult-album duidelik bewys, is die digitale formaat nie ’n veilige manier om musiek te bewaar nie.

Hierin lê ’n paradoks, skryf Rolling Stone : Dit was nog nooit makliker om musiek op te neem en te bewaar nie, maar die veiligheid van die bewaring is nou meer onseker as wat dit nog was.

Met die platebedryf wat sukkel om kop bo water te hou te midde van swakker verkope wêreldwyd, word daar ál meer staatgemaak op bestaande katalogusse.

Luukse heruitreikings, nuwe weergawes van ou snitte en selfs die verkope van musiek vir videospeletjies en klankbane bied alles nuwe moontlikhede, maar daarvoor is die multibaan-meesteropname nodig.

Die multibaan-meesteropname bevat elke stem- en instrumentale element van ’n snit apart, wat beteken die stem kan byvoorbeeld weer opgeneem en saam met die ou instrumente gebruik word.

’n Voorbeeld was verlede jaar se treffer Exile on Main Street, waarin die Rolling Stones nuwe materiaal kon opneem saam met bestaande opnames van die 1970’s. Hiervoor het ’n mens ’n ongeskonde meesteropname nodig.

Die groot voordeel van enige digitale medium is dat dit gedurig aan die verander en vernuwe is, maar daarin lê ook die grootste knoop.

Moderne rekenaars en tegnologie kan nie altyd ouer weergawes en formate “lees” nie.

By die platereus EMI het musiekingenieurs agtergekom dat baie treffers uit die 1980’s nie meer die tromme en perkussie-klanke op die meesteropnames het nie.

“Jy maak ’n lêer van tien jaar gelede oop en kom agter dit benodig ’n program wat jou rekenaar nie meer het nie,” sê Greg Parkin van EMI (Amerika) se argief-afdeling. “Ons moet nou speurders word.”

Hardeskywe het weer hul eie probleme. Argivarisse by platemaatskappye vertel dat hulle dikwels hardeskywe vol lêers ontvang, maar met geen herkenbare name vir die lêers nie.

Dit maak dit dus ’n tydsame proses van uitsorteer om uit te kom by die liedjie waarna jy soek, amper soos wanneer elke liedjie op jou iPod net as “Track 1”, “Track 2” , ens. bekend staan.

Wanneer die multibaan-meesteropname weg of onbeskikbaar is, is die musiek egter nie heeltemal weg nie. Dit bestaan nog op bandopnames en CD’s, maar dit is die meesteropname wat die skeppers van videospeletjies nodig het. Neem byvoorbeeld die multi-platformspeletjie Guitar Hero.

Toe die groep The Wallflowers onlangs een van hul liedjies vir hierdie speletjie wou gee, het hulle agtergekom dat die tromme op ’n lêer opgeneem is wat nie opgespoor kon word nie.

Ongelukkig is daar geen maklike of goedkoop oplossing om musiek toekomsbestand te maak nie. Om lêers gereeld na opgedateerde stelsels oor te skuif is duur (skattings grens aan meer as R1?miljoen vir ’n 1?000 uur se musiek).

Bob George van die organisasie ARChive of Contemporary Music – wat meer as twee miljoen CD’s, langspelers en bandopnames van popmusiek in sy diskoteek het – sê hulle sal nie die versameling op hardeskyf kopieer nie.

“Wanneer ons klaar is, sal daar weer ’n nuwe manier wees om musiek digitaal te bêre,” sê hy.

Platemaatskappye het begin ag slaan op die probleme met digitale argivering.

Party hou hul lêers veilig op groot, spesiale rekenaarbedieners en ander, soos EMI, berg onmiddellik nuwe musiek op ’n stelsel soortgelyk aan die een wat banke gebruik om hul data te bewaar.

Die tameletjie roep herinneringe op van die Y2K-krisis rondom die draai van die millennium. Dit is dalk nie die einde van die wêreld wat ter sprake is nie, maar digitale bergingsprobleme kan die verlies van dekades se musiek beteken, wat ’n soort Armageddon op sy eie is!

In Suid-Afrika het ons heelwat later op die digitale bootjie geklim, sê Albert du Plessis van Rhythm Online, ’n aanlynverskaffer van musiek.

“Toe ons hier in die laat 1980’s van analoog na digitaal begin oorbeweeg het, was die rekenaarprogrammatuur al baie meer gevorderd as wat dit in die beginjare van digitaal in Amerika was,” sê hy.

Hy sê hy het om daardie rede nog nie soortgelyke probleme teëgekom as wat in die Rolling Stone -artikel beskryf word nie.

“Dit is maar meer jou classics wat in die laat 1970’s en vroeë 1980’s digitaal in Amerika opgeneem is, wat nou probleme skep.”

Du Plessis sê hy glo die manier om die probleem te omseil is om gereeld rekenaarprogrammatuur te opdateer, maar dan die ou weergawe ook êrens te bewaar vir ingeval ’n ouer lêer weer eendag gelees moet word.

Volgens hom begin mense in Suid-Afrika nou om ou analoog-opnames te digitaliseer, maar dit is ’n duur proses.

By Rhythm Online stel hulle ou vinielplate van plaaslike kunstenaars digitaal beskikbaar, maar die digitale opname word regstreeks van die plaat opgeneem, en nie van die meesteropname nie.

   

- Volksblad

Lees meer oor: vermaak

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 2.2i LWB PU MY09
2009
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 200,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.