Die jongste oor ... Paris en Prince Jackson
2011-06-26 09:00
VSA – Michael Jackson se twee oudste kinders het die afgelope week – twee jaar ná sy dood – spesiaal ontwerpte motorfietse gekry waarop beelde van dié popmusiek-koning geverf is.
Jackson is op 25 Junie 2009 in sy hotelkamer dood nadat hy glo ’n oordosis van ’n konkoksie pille en ander medikasie ingekry het.
Persfotograwe het die afgelope week, twee dae voor die herdenking van Jackson se dood, sy drie kinders, Prince (14), Paris (13), en Blanket (9), tydens ’n fliekuitstappie in Kalifornië “raakgeloop”.
Oorsese media berig Prince en Paris het mekaar bygestaan om hul pa se dood te verwerk.
Die twee tieners gaan glo op die motorfietse ry deur die Forest Lawn-begraafplaas, waar hul pa begrawe is.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Rapport