Die Bybel binnekort ‘n televisiereeks
2011-05-24 14:31
Los Angeles – Die koning van realiteitsprogramme, Mark Burnett, vervaardig ‘n dokudrama wat die Heilige Skrif op die History-kanaal gaan sit.
The Bible sal teen 2013 uigesaai word, het History se hoof, Nancy Dubuc, gesê.
Die tien ure lange program sal in tien episodes verdeel word en sal die verhale van Noag se Ark, die Eksodus en die kruisiging van Jesus met behulp van rekenaaranimasie en lewendige aksie vertel.
Burnett, die vervaardiger van Survivor, het gesê hy en sy vrou Roma Downey, wat in die televisiereeks Touched by an Angel gespeel het, werk reeds twee jaar aan die projek.
“Mense ondervind die Bybel op ‘n persoonlike manier. Ons werk is om die stories in ‘n emosie-belaaide manier te vertel,” het Burnett gesê.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.