Diana se niggie in Kaapse katgeveg

2011-01-16 14:31
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die seun van ’n skatryk Italiaanse konstruksiemagnaat en ’n jong vrou uit die Britse adelstand is nou in ’n hofstryd gewikkel nadat hulle glo handgemeen geraak het buite ’n Kaapse kitskosrestaurant.

Ricci Cinti (27), buurman van oudpres. FW de Klerk in die Kaapse spogbuurt Fres­naye, wou Saterdag niks sê oor die onderonsie tussen hom en lady Amelia Spencer (18) nie.

Haar pa is graaf Charles Spencer, wyle prinses Diana se broer.

Die voorval het op 29 Desember om 02:30 by McDonald’s in Groenpunt plaasgevind toe ’n huurmotor waarin Cinti ’n passasier was voor Spencer by die baan na die diensvenster vir motoriste ingedraai het. ’n Onbekende jong man was saam met haar.

Spencer het glo uit haar motor gespring en in ’n bekgeveg met Cinti betrokke geraak. Cinti was toe op krukke weens ’n sokkerbesering. Hy speel verdediger vir die Kampsbaai-span.

Cinti het gister baie vriendelik aan Rapport gesê hy sou graag wou praat, maar sy regspan het hom aanbeveel om nie kommentaar te lewer nie.

In ’n kort onderhoud met die Britse koerant The Sun het Cinti gesê dat Spencer “besope” en “buite beheer” was en dat sy beslis nie soos ’n dame opgetree het nie. Sy het teen die huurmotor geslaan en op hom gevloek.

Hy beweer ook dat hy uit die motor geruk en teen die grond geslaan is. Volgens The Sun het Cinti harsingskudding opgedoen en was sy kaak geswel. Hy is ook na ’n hospitaal geneem vir ’n breinskandering.

Spencer, een van ’n tweeling, en haar vriend het ná die voorval weggejaag, maar lede van die publiek het die registrasienommer neergeskryf en aan die polisie gegee.

Sy moet nou op 1 Februarie in die hof verskyn op ’n klag van aanranding.

Graaf Spencer het egter in die Britse media sy dogter se optrede verdedig deur te sê dat sy uit selfverdediging opgetree het. Hy het bevestig dat sy ook nou ’n klag teen Cinti gaan indien.

Cinti het wel aan Rapport ontken dat hy ’n vakman is, soos die Britse koerante beweer.

Cinti en sy broer, Danny, werk albei vir hul pa, Filippo Cinti.

Dié skatryk Italianer het in 1995 die reuse-kon­struk­sie­maat­skap­py Filcon Con­struct­ion gestig.

Cinti sr. word gereken as een van die grootste konstruksie-entrepreneurs in die land. Daar is reeds planne om die maatskappy verder in Afrika en ook na die Midde-Ooste uit te brei.

Ricci Cinti is nie skaam om op Twitter te vertel dat hy saam met die Kaapse elite uithang nie.

Hy word ook gereeld by Café Caprice in Kampsbaai gesien. Dis dieselfde kuierplek waar Lee-Ann Liebenberg en haar verloofde, Nicky van der Walt, onlangs op een aand R75 000 se sjampanje saam met ’n groepie vriende uitgekuier het.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lees meer oor: bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 2.2i LWB PU MY09
2009
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 200,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.