Diaan spog met vietse lyfie
2011-01-20 12:02
Kaapstad - Diaan Lawrenson, beter bekend as Paula van 7de Laan-faam sê haar lyf het na die geboorte van haar en Jody Abrahams se baba, Olivia soos ’n wonderwerk gekrimp.
"Ek was mal oor my groot pens wat plek gemaak het vir my en Jody se baba en ek het elkeen van die 23 kg wat ek aangesit het, geniet.
"Deur my swangerskap en huidige borsvoeding het ek gesonde (maar baie!) kos geëet om seker te maak my baba kry wat sy nodig het."
Volgens Diaan voel sy deesdae meer ontspanne in haar lyf (mét die nuwe rolletjies), en sy het ook begin om saam met 'n vriendin te stap en dis hoe die eerste paar kilo’s verdwyn het.
"Ek volg ook ’n oefenprogram vir ma’s en babas – ek oefen en die baba kry terselfdertyd stimulasie. Ek moet nog ’n paar kilogram verloor, maar is glad nie bekommerd oor my gewig nie. Ek geniet my lewe en my gesonde, perfekte dogter."
Vir die volledige artikel besoek Sarie.
- Volg Nuus24 op Twitter.