‘Dexter’ en vrou skei
2010-12-14 19:17
Los Angeles - Na ’n huwelik van net twee jaar, gaan die paartjie Michael C. Hall en sy vrou, Jennifer Carpenter, skei.
Die paartjie wat as broer en suster in die gewilde TV-reeks Dexter te sien is, is in 2008 getroud, ’n jaar voor Hall met kanker gediagnoseer is.
’n Verteenwoordiger vir die paartjie het aan Entertainment Weekly gesê: “Hulle is reeds vir ’n ruk lank uitemekaar en gaan nou skei”.
Lees die volledige storie hier
Volg Nuus24 op Twitter