Desperate Housewives-aktrise sterf
2012-06-03 08:20
Los Angeles – Kathryn Joosten, die Desperate Housewives-aktrise wat 'n Emmy-toekenning gewen het vir haar ondersteunende rol van 'n nuuskierige buurvrou, het weens longkanker gesterf. Sy was 72 jaar oud.
Joosten se familie was langs haar bed by haar huis in Westlake Village, noordwes van Los Angeles, het haar woordvoerder, Nadine Jolson, gesê.
Longkanker is in 2001 by haar gediagnoseer.
Joosten se dood volg minder as drie weke nadat die laaste episode van Desperate Housewives, waarin sy die rol van Karen McCluskey vertolk, uitgesaai is.
Behalwe vir dié rol, was sy ook bekend vir haar rol in The West Wing.
"Ons lag deur ons trane," het haar familie in 'n verklaring gesê.
Joosten word oorleef deur haar seuns, Jonathan en Timothy.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters