Deskundige sê Murray se sorg was nié standaard
2011-10-31 23:01
Los Angeles – Volgens ‘n deskundige op die gebied van
verdowingsmiddels was die behandeling wat Michael Jackson by dr. Conrad Murray ontvang het teenstrydig met
standaard-sorg.
Dr. Paul White is onder kruisverhoor sy professionele opinie gevra in die saak van onwillekeurige manslag teen dr. Conrad Murray.
White het getuig dat hy nog nooit daarvan
gehoor het dat die verdowingsmiddel propofol by die pasiënt se huis toegedien word om die pasiënt te help slaap nie.
Verlede week in die getuiebank het White gesê
dat hy glo Jackson het homself die noodlottige dosis propofol toegedien.
Volg Nuus24 op Twitter.