Depp "skuld" aanhangers vierde Pirates-rolprent
2011-01-08 22:51
Los Angeles – Johnny Depp voel hy “skuld” sy aanhangers ‘n vierde Pirates of the Caribbean-rolprent.
Die tweede en derde episodes van Pirates of the Caribbean was nie vreeslik goed ontvang nie.
Depp, wat die rol van Captain Jack Sparrow vertolk, glo egter dat die mees onlangste episode beslis nié sal teleurstel nie.
“Pirates 2 en 3 was bietjie té ingewikkeld.
“Mense het dit twee of drie keer gaan kyk net om te weet wat in die fliek gebeur het.
“Die vierde Pirates-fliek, On Stanger Tides, is meer soos die heel eerste episode en fokus meer op die karakters en temas in die fliek.
“Dis “vars”, minder wiskundig,” sê die akteur.
Volg Nuus24 op Twitter
- BangShowBiz