Depp nie net ‘n mooi gesiggie nie
2010-02-17 11:03
Los Angeles - Die hartebreker Johnny Depp het al menigmaal met sy keuses van rolle op die silwerdoek bewys dat hy nie net ‘n mooi gesiggie is nie en nou sal hy sy stem leen aan ‘n nuwe dokumentêre film oor die rockgroep The Doors.
Depp sal die verteller van die film When You're Strange: A Film About the Doors wees. Die dokumentêre rolprent is saamgestel uit ou beeldmateriaal van dié 1960’s groep wat deur die oorlede ster Jim Morrison gelei is.
"As a rock ‘n roll dokumentêre film, of enige soort dokumentêr, is hierdie eenvoudig so goed soos dit kan wees. Dit is ‘n eer om betrokke te wees en ek baie trots daarop,” het Depp in ‘n verklaring gesê.
Lees meer by www.eonline.com.