Depp jammer oor verkragting-uitlating
2011-10-06 11:24
Los Angeles – Die akteur Johnny Depp hou klaarblyklik nie veel van fotosessies nie.
Die Pirates of the Carribean-akteur het die wenkbroue laat lig toe hy ‘n onlangse onderhoud met Vanity Fair met seksuele aanranding vergelyk het, berig Entertainment Weekly.
“Jy voel dat hy in ‘n mate verkrag word”, het Depp gesê.
Dié uitlating het sommige van Depp se ondersteuners egter warm onder die kraag gehad, veral toe ‘n uittreksel van die onderhoud Dinsdag vrygestel is, en hulle het 'n verskoning geëis.
“Ek is waarlik jammer vir my uitlatings en as ek enigiemand daarmee te na gekom het”, het Depp in ‘n verklaring gesê.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.