Deon Meyer in die sop oor resepteboek

2011-11-13 10:17
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die sop spat nou behoorlik oor die kosboek van die bekende misdaadskrywer Deon Meyer en sy vrou, Anita, wat pas bekend gestel is.

Bekende skrywers het die afgelope week vir die Meyers in die bres getree nadat die egpaar daarvan beskuldig is dat hulle nie genoeg erkenning in Kom eet! aan Barbara Joubert, redakteur van Sarie Kos, gee nie.

Dié skrywers het aan Rapport gesê daar is net kopiereg op ’n resep as jy dit gepatenteer het en meen die aantygings is gedoen om Deon by te kom, glo weens ’n onderonsie in ’n meestersgraadklas by die Universiteit van Stellenbosch jare gelede.

Verlede week het Sunday ­Times berig onder meer ’n hoenderpastei-resep van Joubert wat in 2007 in Sarie verskyn het, is sonder erkenning in Kom eet! ingesluit.

Joubert se man, die wyn- en kosskrywer Emile Joubert, het ook tot die stryd toegetree en het op 2 November getweet: “Resepte gepla­gieer. NB-Uitgewers besig om dit te hanteer dat ’n nuwe SA kookboek duidelik steel uit ander boeke en vrouetydskrif.”

Hoewel NB-Uitgewers toegee dit sou beter wees as Barbara Joubert voluit erkenning gekry het by elke resep – haar hoenderpastei met preie en aartappels, ’n biefstuktoebroodjie, tagliatelle, macaroni-en-kaas, sjokoladepoeding en kaaskoek – “het die skrywers nooit een keer in die boek gesê dis hul (die Meyers se) resepte nie”.

“NB het die Meyers genader om ’n kosboek saam te stel, oor hoe en wat die gesin eet – nie andersom nie.

“Deon Meyer is ’n bekende naam. Dis die grondslag waarop ons opdrag aan hulle gebou is,” sê ’n woordvoerder van NB-Uitgewers.

Die egpaar skryf die resepte en wenke in Kom eet! is dié van familie, kosskrywers en sjefs.

“Ek kan kook, want ek kan lees. Deur die jare het ek resepte gevra (sommige mense deel graag), gesmeek (ander het ’n bietjie meer oortuiging nodig), afgekyk (dié wat my in hul kombuise toegelaat het) en gesteel (meestal uit resepteboeke). Kom eet! is saamgestel uit al hierdie resepte,” skryf Anita Meyer.

Deurgaans vertel die egpaar waar hulle resepte, kos- en kook-idees gekry het: onder andere van die kosskrywers wyle S.J.A. de Villiers en Ina Paarman; die akteur Neil Sandilands; “Anne-Liese, Lida, Liza en Ouma Freda”; en die Dorpshuis-restaurant op Calitzdorp.

Hulle gee ook erkenning aan die sjef Nigella Lawson.

Oor Paarman skryf Anita: “Ek het ook onlangs haar webwerf ontdek waar sy resepte en maandelikse spyskaarte deel.”

Die boek bevat vertellings oor die voorkeurdisse van die karakters in Deon se boeke, oor hoe die gesin saamkuier en hoe hulle saam kosmaak.

Anita vertel ook dis Joubert wat oondgeroosterde aartappels vervolmaak het.

’n Kaapstadse skrywer wat anoniem wil bly “omdat ek nie lus is vir ’n storm nie” sê kopiereg is net van toepassing op ’n resep as die resep gepatenteer is.

“Die Meyers erken hul skatpligtigheid aan me. Joubert, helaas ’n Sarie- en nie ’n Michelin-sjef nie.”

Die digter en skrywer Johann de Lange het aan Rapport gesê: “Hierdie is ’n kwaadwillige skoorsoekery.

“Dis ’n byltjie wat met Deon geslyp word oor ’n uitval destyds in die skeppende skryfwerk-klas van Marlene van Niekerk. Hy het ’n medestudent, wat ’n vieslike brief aan Marlene geskryf het, tereggewys.”

De Lange het gesê om iemand van plagiaat te beskuldig, is baie ernstig.

“Jy moet dink wat jy doen voordat jy so ’n aantyging maak, want dis skade wat jy moeilik ongedaan maak. Die beskuldigings teen die Meyers, wat ruimskoots erkenning gee, is ongegrond. Geen kosskrywer se resepte ontstaan uit die niet nie. Dit word oorgedra deur kulture en gebruike.

“Dat dit met Deon moes gebeur, is jammer; daar is nie ’n ordentliker mens nie.”

Die skrywer en vertaler Michiel Heyns sê hy het nog nie die boek onder oë gehad nie, “maar ek vind dit werklik moeilik om te glo hy sal hom skuldig maak aan pla­giaat.

“As jy skryf soos Deon, hoef jy nie af te skryf nie.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: barbara joubert  |  deon meyer  |  boeke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 2.2i LWB PU MY09
2009
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 200,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.