Demi uit hospitaal ontslaan

2012-01-27 13:02
Tweets Share Share line Print

Los Angeles – Demi Moore is uit die hospitaal ontslaan.

Die aktrise is Maandagaand na ‘n hospitaal gehaas nadat sy glo ‘n aanval gehad het tydens ‘n verjaardagpartytjie wat sy by haar huis gehou het.

E! News het berig dat sy nie meer by die Sherman Oaks-hospitaal in Kalifornië behandel word nie.

Nietemin is dit nie duidelik wanneer Demi, wat Dinsdag deur haar dogter Rumer by die fasiliteit besoek is, die hospitaal verlaat het nie.

Die 49-jarige aktrise het in November van Ashton Kutcher, met wie sy ses jaar getroud was, geskei nadat hy daarvan beskuldig is dat hy haar verneuk het.

Demi se woordvoerder het nadat sy in die hospitaal opgeneem is, aangevoer dat die aanval veroorsaak is deur stres en het beweer dat sy vir uitputting behandel word.

“As gevolg van die stres in haar lewe op die oomblik het Demi gekies om professionele hulp te ontvang om haar uitputting te behandel en haar algehele gesondheid te bevorder,” het haar woordvoerder gesê.

“Sy sien daarna uit om beter te word en is dankbaar vir die ondersteuning van haar familie en vriende.”

Nietemin is daar ook beweer dat Moore as gevolg van anoreksie en dwelmmisbruik gehospitaliseer is.

Daar word nou beweer dat die Striptease-ster Adderrall – ‘n amfetamien, sout-gebaseerde medikasie wat slegs wettig is in die VSA en Kanada – gebruik het.

Dié medikasie word gebruik om aandagafleibaarheidsindroom en narkolepsie te behandel.

“Demi het Adderall gebruik en drink energiedrankies en honger haarself uit en dit is van die ernstige oorsake wat daartoe gelei het dat sy Sondagaand ineengestort het,” het ‘n bron aan RadarOnline.com gesê.

“Die pille en uithongering het Demi vernietig en dit is al vir omtrent ‘n jaar ‘n probleem.”

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- BangShowBiz

Lees meer oor: demi moore  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 2.2i LWB PU MY09
2009
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 200,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.