Demi Moore voel 'verleë'
2012-02-02 12:55
Los Angeles – Die 49-jarige Demi Moore voel verleë oor haar onlangse openbare ineenstorting.
Moore en haar man Ashton Kutcher is in November te midde van bewerings van ontrouheid uitmekaar. Sy is verlede week in die hospitaal opgeneem nadat sy 'n aanval gehad het en sukkel met die feit dat haar probleme in die kollig is.
"Dit is die ergste ding wat met Demi kon gebeur omdat sy so 'n private mens is. Sy is verleë," het 'n bron aan die tydskrif People gesê.
"Die regte ingryping het in haar lewe plaasgevind. Uit 'n geestelike oogpunt is dit 'n gawe. Sy het die geleentheid om te groei en moet verantwoordelikheid vir haar lewe neem."
Volgens gerugte weier Moore om by 'n rehabilitasiesentrum in te boek, ten spyte van die feit dat haar dogters, Rumer (23), Tallulah, en Scout (20), haar aanmoedig om hulp te soek.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter