Demi Moore nie meer in Lovelace
2012-01-28 14:38
Los Angeles – Die Sex and the City-ster Sarah Jessica Parker sal Demi Moore in Lovelace, ’n biografiese film oor die porno-ster Linda Lovelace se lewe, vervang, The Hollywood Reporter berig.
Dít volg dae nadat die 49-jarige Moore met wat haar woordvoerders as "uitputting" beskryf, in die hospitaal opgeneem is. Skindertydskrifte beweer egter die aktrise is vir dwelmmisbruik in die hospitaal opgeneem.
Amanda Seyfried sal die rol van Lovelace, wat in Deep Throat, die mees gewilde seksrolprent van alle tye te sien was, vertolk. Lovelace was later 'n woordvoerder vir die anti-pornografie beweging.
Parker sal Moore in die rol van die feminis Gloria Steinem vervang.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA