Demi Moore: kampvegter teen mensehandel.
2011-04-08 20:00
Katmandoe – Demi Moore het ‘n kort dokumentêr oor
mensehandel in Nepal geskiet.
Sy is ook aktief besig om mense wat in die
kloue van dié tipe slawerny vasgevang is, te bevry.
Sy het saam met ‘n plaaslike organisasie,
Maiti Nepal, gewerk aan die film wat op CNN se nuuskanaal uitgesaai sal word.
Maiti Nepal fokus daarop om vrouens en kinders
teen mensehandel te beskerm en om slagoffers van dié moderne slawerny, te
rehabiliteer.
Moore (48) het na afgeleë gebiede gereis en
selfs deelgeneem aan die bevryding van ‘n groep vroue en kinders op die grens
tussen Indië en Nepal.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA