Demi Moore boek in by rehabilitasiesentrum
2012-02-06 11:00
Los Angeles – Die 49-jarige Demi Moore, wat verlede week gehospitaliseer is, word in afsondering by die Cirque Lodge-rehabilitasiesentrum in Sundance, Utah behandel.
Moore word vir 'n "eetversteuring en verslawing" behandel. Sy kommunikeer net met 'n klein groep mense.
Sy het haar man Ashton Kutcher is in November te midde van spekulasie van ontrouheid uitmekaar.
"Dit het duidelik gewotd dat die manier waarop sy haar stres hanteer nie werk nie en dat sy hulp nodig het," het 'n bron gesê.
Moore se drie dogters, Tallulah (16), Scout (20) en Rumer (23), sowel as haar eksman, Bruce Willis het haar verlede week aangemoedig om professionele hulp te soek.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter