Deense koninklike paar verwag tweede kind
2011-08-24 20:31
Kopenhagen – Denemarke se koninklike paleis het aangekondig
dat Prins Joachem en sy vrou, Prinses Marie, hul tweede kind verwag.
Die 35-jarige prinses van Franse herkoms sal
na verwagting laat in Januarie geboorte skenk.
Die paartjie is in Mei 2008 getroud.
In 2009, is hul eerste kind, Prins Henrik,
gebore.
Prins Joachem (42) was vroeër met Alexandra
Manley, wat in Hong Kong gebore is, getroud.
Dié twee het twee seuntjies saam, Felix (9) en
Nikolai (11).
Hul egskeiding in 2005 was die
eerste koninklike huwelik in Denemarke in amper 160 jaar om op die rotse te
beland.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP