David Cassidy vas vir dronkbestuur
2010-11-06 04:29
Fort Pierce - Die voormalige “Partridge Family”-hartebreker David Cassidy word in Florida aangekla van dronkbestuur nadat hy op die snelweg afgetrek is.
Die Florida Snelwegpatrollie (FSP) sê hy is Woensdagaand afgetrek ná sy motor oor die pad geswaai en ‘n ongeluk veroorsaak het.
Cassidy het aan ‘n beampte gesê hy het ‘n glas wyn saam met middagete geniet en daarna pynpille gedrink.
Beamptes het egter gerapporteer dat ‘n halfleë bottel Bourbon op die agtersitplek gevind is.
Die FSP sê Cassidy kon nie twee asemtoetse en ‘n nugterheidstoets slag nie. Cassidy het borgtog van $350 (sowat R2 400) betaal en is Donderdagoggend vrygelaat.
Sy woordvoerder, Jo-Anne Geffen, het aan TMZ gesê hy erken hy het ‘n pynpil geneem en was moeg nadat hy ‘n begrafnis bygewoon het, maar beklemtoon dat hy nie dronk was nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP