David Beckham se Rolls Royce op eBay te koop
2012-01-30 15:00
Londen – Die sokkerster David Beckham se Rolls-Royce Phantom-koepee is op die aanlynveilingswebwerf eBay te koop.
Bieërs op word gevra om R2,63 miljoen vir die motor op te dok.
Volgens die advertensie is die motor goed opgepas en het dit slegs 9 462 km op die klok. Die motor kan 100km/h in net 5,9 sekondes bereik en het 'n topspoed van 240 km/h.
Die Rolls Royce het 'n roomkleurige binneruim, lamswol-matte ter waarde van R9 680, 24 duim-allooiwiele en 'n TV en DVD-speler agter in die motor.
Beckham het die motor in 2008 gekoop.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter