Darren Scott wys sy baba

2011-01-14 12:44
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Hul luukse Bosveld-huis was eens hul trots, maar dit was dóérie tyd. Die buite-onthaalarea en die kroeg op die boonste verdieping van die weelderige blyplek is nie meer die eerste ding wat die radio- en TV-aanbieder Darren Scott en sy vrou, Sarah-Kate, vir besoekers wys nie – deesdae het hulle net oë vir hul eersteling.

Klein Mark is op 17 November gebore en hy het hul lewe totaal oorgeneem, sê die paartjie. Dis die lekkerste ding wat hulle nog getref het, en hulle terg maar goedig oor hoe hulle deesdae liewer is vir hom as vir mekaar.

Hul huis in Hartbeespoort het baie verander sedert ons laas daar ingeloer het nadat Darren so mooi gewig verloor het. Bottels en steriliseermiddels staan nou die kombuis vol, en die gastekamer is in ’n babakamer vir hul seun omskep.

Die babakamer spog met ’n indrukwekkende versameling skoene: Mark het reeds meer as hy, sê Darren (46). Oral is sagte speelgoed en Sarah-Kate (27) het ’n stapel babapakkies volgens grootte in ’n klerekas gerangskik.

Al ding wat kort, is ’n bababed, maar hulle is nie haastig om so iets aan te skaf nie. Mark slaap in hul bed op ’n hoefystervormige kussing wat keer dat hy rondrol of sy nek seermaak, verduidelik Sarah-Kate.

‘‘Dit word medeslaap genoem en ek het besluit om dit te doen nadat ek in ’n boek daaroor gelees het. Hy is 24 uur van die dag by ons. Ek los hom nooit, ooit nie. Hulle sê dis ’n goeie tyd om ’n hegte band met die baba te vorm. Wanneer hy gereed is om in sy eie kamer te slaap, sal hy ons laat weet.’’

Die slaapreëling is nie iets waaroor Darren en Sarah-Kate saamstem nie: Hy meen die kleinding moet van die begin af in sy eie wiegie in sy eie kamer slaap.
 
- Vir meer inligting besoek Huisgenoot.

- Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: vermaak  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 2.2i LWB PU MY09
2009
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 200,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.