Darling-fees floreer selfs sonder Nederlandse borgskap

2010-09-02 08:43
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die Voorkamerfest in Darling word vanjaar gehou sonder die hulp van ’n groot borg, maar met uitstekende kaartjieverkope.

Al die kaartjies vir die fees vanjaar is reeds op 2 Augustus uitverkoop.

“Ons het ’n benoude tyd beleef met die borgskap van die Nederlanders wat aan die einde van verlede jaar ten einde geloop het. Hulle sou die fees aanvanklik vir drie jaar geborg het en was uiteindelik vyf jaar betrokke. Hulle kon nie verder help nie, maar Wim Visser het wel verskeie kleiner bedrae vir ons help beding,” het die koördineerder van die fees, Tasha St John Reed, gesê.

Die Voorkamerfest word eers­komende naweek die sewende keer gehou.

Die konsep van gehore wat ’n verskei­denheid opvoerings en uit­voe­rings in die gesellige atmosfeer van mense se voorhuise bywoon, het van die eerste fees af byval gevind.

Verlede jaar het meer as 2000 mense die fees besoek. Daar was by die 60 kuns­tenaars wat in 21 voorkamers opgetree het.

Vir die laatslapers is daar egter geen troos vanjaar nie. Hulle sal maar net kan kwyl oor die meer as 20 interessante stukke wat deel uitmaak van die program.

Van die kunstenaars wat vanjaar optree, is Andisiwe Mbunje van ­Khayelitsha wat in Uchulumanco meer vertel van die lief en leed in ’n klein Oos-Kaapse dorpie, die Fleur du Cap-wenners Fiona du Plooy, Candice D’Arcy, Jamie Jupiter en Gene Kiermane met ’n satiriese kyk na country-musiek in Angels on Horseback, Bernard Loonen van Nederland met die program Songs of travel, Gaëtan Schmid, met ’n verkorte weergawe van sy een­persoonstuk Rumpsteak, Guy Buttery se Indlovu People (’n gesinsproduksie oor olifante), en die Matzer-theater­pro­duk­sies van Nederland se 111 waarin die akteurs en musikante Jasper Boeke en Helge Slikker te sien is ’n moderne feëverhaal van twee mans met ’n groot opdrag.

Daar is baie musiek met onder meer die a capella-ensemble Not the Midnight Mass en Philip de Villiers en die Blinde Boere Orkes.

Volgens St. John-Reid is hulle verstom oor die flink verkoop van die kaartjies. 

- Die Burger

Lees meer oor: feeste  |  vermaak

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Ranger 2.2i LWB PU MY09
2009
R 139,900.00

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 200,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.