Daniel Radcliffe 'was dronk' in Potter-rolprente
2012-02-06 18:56
Die akteur Daniel Radcliffe het in 'n onderhoud erken hy was dronk terwyl hy tonele vir van die Harry Potter-rolprente geskiet het.
Die 22-jarige akteur, wat die titelrol in dié gewilde reeks rolprente vertolk het, het al voorheen sy probleme met drank onthul, en het nou erken dat hy dikwels dronk was terwyl hy tonele vir die fliek moes skiet.
Hy het vertel: "Ek wil nie in die detail hiervan ingaan nie, maar ek het baie gedrink en dit was daagliks – ek bedoel snags. Ek kan eerlikwaar sê dat ek nooit op die Harry Potter-stel gedrink het nie. Ek het wel gaan werk wanneer ek steeds dronk was, maar ek het nooit by die werk gedrink nie.
"Ek kan baie tonele uitwys waar ek net weg is. Dood agter die oë."
Hy het op 21 ophou drink en sê sy besluit om drank op te gee was gegrond op sy verleentheid oor die probleem.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.