Daniel Radcliffe soek toekenning vir gay soen
2013-01-26 12:00
Los Angeles – Daniel Radcliffe dink dit sal “koel” wees om ‘n toekenning te kry vir sy gay soen.
Die 23-jarige akteur soen Dane DeHaan in Kill Your Darlings – waarin hy die rol van die Amerikaanse digter Allen Ginsberg vertolk – en sal bly wees as hul “opregte en passievolle” soen met ‘n prys erken kan word by die MTV-Filmtoekennings later in die jaar.
“Jy weet, ek dink dit sal wonderlik wees!” het hy gesê.
“Ek en Dane slaan reeds die trom, want ons wil MTV se Beste Soen-toekenning hê. Ons soek daardie goue springmielies! Sover ek weet het ‘n opregte, passievolle, romantiese gay soen nog nie gewen nie, so ek dink dit sal ‘n baie koel ding wees vir hierdie film.”
Daniel – wat gewildheid in die Harry Potter-films verwerf het – het erken dat hy eers gesukkel het met die intieme tonele waar hy ‘n ander man moes soen en sy “huiwerige” houding het probleme tussen hom en die regisseur John Krokidas veroorsaak.
Hy het vir Vulture.com gesê: “My gunsteling-regisseursoomblik van John Krokidas was toe ons begin soen het. Ek dink ek was heeltemal te huiwerig oor dit in die begin en John skree toe net: ‘Nee! Soen hom! F*kk*n sekssoen hom!’ Dit was my gunstelingnota wat ek gekry het, waarskynlik in my loopbaan.
“Veral uit die wêreld waarvandaan ek kom! Die dinge wat regisseurs in die verlede vir my geskree het, is gewoonlik watter kant toe ek moet kyk om die draak te sien.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- BangShowBiz