Dallas kom terug!
2011-02-03 23:00
Los Angeles – Die melodramatiese karakters van die gewilde sepie, Dallas, sal binnekort weer op die TV te sien wees, berig Sky News.
Patrick Duffy, Linda Gray en Larry Hagman het almal ingestem om terug te keer na Southfork Ranch vir ‘n splinternuwe Dallas-reeks.
Hulle sal almal in hul oorspronklike rolle terugkeer: Hagman as die wrede oliebaron, JR Ewing, Linda Gray as Sue Ellen, JR se vrou en Duffy sal weer in die rol van JR se jonger boetie, Bobby, te sien wees.
Die nuwe reeks sal fokus op Ewing se kinders en hoe hulle koppe stamp.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.