DJ Ossewa: Ouers praat
2010-09-03 12:35
Kaapstad - Dwayne Venter, oftewel Raapie Knaapie van die groep DJ Ossewa, wat Sondag in ’n ongeluk in die groep se bussie dood is, se ouers en meisie het hul harte vir Huisgenoot oopgemaak.
Sy ouers, Mike en Vannessa Venter het Sondag die tragiese nuus van die sanger Gerrie Pretorius gehoor.
“Toe Gerrie sê hy het slegte nuus, het ek geweet iets verskrikliks is fout. Ek het eers gedink Dwayne het net seergekry, maar toe sê Gerrie hy het dit nie gemaak nie,” het Vanessa aan Huisgenoot gesê.
Die groep was op pad terug nadat hulle die vorige aand in Zeerust opgetree en daar oornag het.
“My hart voel so leeg soos die halwe huis.”
“Dwayne het nog by ons gebly. Ons was besig om hier vir hom ’n nuwe plekkie te bou. Nou sal hy dit nooit sien as dit klaar is nie . . .”
“Hy gaan nooit weer sê ‘hey dad, kom check gou hier’ nie. Hy was my tjommie. Ek gaan hom so baie mis . . .” het Mike aan Huisgenoot gesê.
Volgens Dwayne se meisie, Maresa Bothma, kon sy nie wag om met hom te trou nie.
“Nou gaan ek ’n oujongnooi word. Daar is geen ander man vir my nie.”
Lees meer hier.
- Volg Nuus24 op Twitter.