Cowell 'te besig' vir trou
2010-04-28 16:16
Los Angeles - Simon Cowell is verloof aan Mezhgan Hussainy, maar volgens berigte het hy nie planne om binnekort met haar te trou nie.
Cowell is glo te besig om 'n somertroue te reël.
Hy is besig om sy nuwe program The X Factor in The States bekend te stel en die nuwe reeks van Britain's Got Talent het begin.
"Niemand is besig om ons troue te beplan nie. Wanneer ek en Mezhgan besluit die tyd is reg, sal ons ons eie planne maak," het hy gesê.
– People
Volg Nuus24 op Twitter