Cowell paartie in Playboy-huis
2009-08-12 16:57
Hollywood - Simon Cowell het saam met modelle en ander sterre, gekleë in slegs onderklere, by die berugte Playboy herehuis gekuier.
Cowell is bekend as die grompot Idols-beoordeelaar. Hy het die stigter van die Playboy-tydskrif, Hugh Hefner, se jaarlikse Midsummer Night's Dream-partytjie by sy huis in Los Angeles bygewoon.
Die glanspartytjie vind elke eerste Saterdag van Augustus plaas.
Jon Voight, Shaquille O'Neal, Jack Osbourne, James Van Der Beek, Ryan Seacrest, Randy Jackson, Shannon Elizabeth en Jon Lovitz was maar van die gaste wat die geleentheid bygewoon het.
Kostuums is ‘n instelling by dié geleentheid. Die mans is gevra om hul beste slaapklere aan te trek en die meisies is uitgenooi om in hul onderklere te pronk.
Vanjaar het Hefner se nuwe meisies, Crystal Harris, Karissa en Kristina Shannon die meeste aandag geniet met hul goue bikini’s.
Die voormalige ster van 'Girls Next Door', Bridget Marquardt, was ook meer as gewillig om bietjie lyf te wys met haar geveerde lemmetjiegroen onderklere.
Die basketbalspeler Shaquille O'Neal het slegs met sy Superman slaapbroek en ‘n wit t-hemp opgedaag.
Minstens 800 gaste het die geleentheid bygewoon.
- BANGshowbiz.com