Conrad Murray skuldig bevind
2011-11-07 23:43
Los Angeles – ‘n Jurie in Los Angeles het die superster
Michael Jackson se persoonlike dokter, Conrad Murray, skuldig bevind op 'n aanklag van onvrywillige manslag, berig SkyNews.
Die hofsaak teen die dokter het ná ses weke
tot ‘n einde gekom.
Die jurie van sewe mans en vyf vroue het vir nege ure vergader voordat hulle hul besluit bekendgemaak het.
Murray, wat onskuldig gepleit het,
kan ‘n tronkvonnis van tot vier jaar opgelê word. Hy sal op 29 November gevonnis word.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.