Coen-broers se nuwe film 'n topverkoper
2011-01-10 20:00
Los Angeles – Die Coen-broers se mees onlangse film, True Grit, is ‘n topverkoper by die Amerikaanse loket en het die afgelope naweek meer kaartjies verkoop as Little Fockers.
True Grit, die nuutste weergawe van die 1969-treffer met Jeff Bridges, het die afgelope naweek R102 miljoen by die loket ingesamel.
Sedert die film drie weke gelede begin draai het, is reeds R750 miljoen se kaartjies verkoop.
Little Fockers, die derde episode van Robert De Niro en Ben Stiller se komedie oor skoonouers, se kaartjieverkope tot dusver is steeds meer met ‘n somtotaal van R849 miljoen.
Volg Nuus24 op Twitter.