Clooney besoek oorloggeteisterde Soedan
2010-10-08 02:46
Kaapstad – Die Amerikaanse akteur, George Clooney, het ‘n besoek aan Suid Soedan afgelê, wat oor drie maande ‘n verkiesing hou.
Dié verkiesing kan Soedan in twee skeur en moontlik op ‘n oorlog uitloop.
“As mens kon weet dat ‘n tsunami, of Katrina of ‘n Haïti aardbewing ‘n nasie gaan tref, wat sou jy doen om die mense te red?” het Clooney blykbaar gesê.
Hy reis saam met Ann Curry, ‘n verslaggewer vir NBC.
Clooney het die afgelope week saam met die Enough Project verafgeleë dorpies in die oorloggeteisterde Suide van Soedan besoek.
Die Enough Project, wat deur John Prendergast begin is, is organisasie wat die einde van volksmoord bepleit.
Volg Nuus24 op Twitter.