Clint Eastwood se dogter Miss Golden Globe
2012-12-01 15:00
Los Angeles – Clint Eastwood se 19-jarige dogter, Francesca, is as vanjaar se Miss Golden Globe aangewys, het die Hollywood Foreign Press Vrydag aangekondig.
Francesca se halfsuster, Kathryn Eastwood, het die rol in 2005 beklee.
Die eer om Golden Globe-wenners en -aanbieders van die verhoog te lei het ook Rumer Willis, dogter van Bruce Willis en Demi Moore, Katie Flynn (Jane Seymour se dogter) en Dakota Johnson (dogter van Don Johnson en Melanie Griffith) te beurt geval.
Francesca is 'n aktrise wat saam met haar stiefma, Dina Eastwood, halfsuster, Morgan Eastwood en die Suid-Afrikaanse groep Overtone in die realiteitsreeks Mrs. Eastwood and Company op E!-tv te sien is.
Sy is 'n student by die Universiteit van Suid-Kalifornië.
Nominasies vir die 70ste Golden Globe-toekennings sal op 13 Desember aangekondig word.
Die seremonie vind aanstaande jaar op 13 Januarie in Los Angeles plaas.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP