Cindy Nell Roberts verwag eersteling
2011-01-21 14:09
Kaapstad - Die voormalige mej. Suid-Afrika, Cindy Nell Roberts, en haar man, Clive, verwag hul eersteling.
Cindy, wat reeds vyf maande swanger is, se baba sal in Mei gebore word, het haar woordvoerder, Malcolm Paul, aan Nuus24 gesê.
"Dit is my voorreg om aan te kondig dat Cindy en Clive hul eersteling verwag."
Volgens Malcolm wil die paartjie nie die geslag van die baba weet nie en gaan hulle dit as 'n verrassing hou.
Die paartjie, wat amper twee jaar getroud is, is baie opgewonde en sien daarna uit om ouers te word.
- Volg Nuus24 op Twitter.