Christina Aguilera slaap in die tronk
2011-03-01 21:00
Los Angeles – Christina Aguilera het 'n aand in die tronk geslaap nadat sy en haar kêrel vir dronkbestuur van die pad getrek is.
Volgens Bill McSweeney, polisiebeampte in Los Angeles, was die
30-jarige sangeres saam met haar kêrel in die motor toe hulle in Wes-Hollywood voorgekeer is.
Haar kêrel, die 25-jarige Matthew Rutler, was
agter die stuur en sal in die tronk moet bly tensy hy die borgtog van net oor
die R2 miljoen kan betaal.
Volgens McSweeney was Aguilera baie dronk en kon sy nie huis toe bestuur nie.
Sy is na die Wes-Hollywood-polisiestasie
geneem waar sy gebly het tot sy weer nugter genoeg was om huis toe te gaan.
Sy is by die agterdeur uitgelaat om die paparazzi
voor die polisiestasie te vermy.
Volg Nuus24 op Twitter.