Christina Aguilera sing by Jackson-konsert
2011-08-12 09:24
Los Angeles – Die sangeres Christina Aguilera gaan by die huldigingskonsert van Michael Jackson sing wat in Oktober in Wallis gaan plaasvind.
Die organiseerders van Michael Forever - The Tribute Concert het Donderdag op Twitter aangekondig dat Aguilera saam met lede van die Jackson-familie, Cee Lo Green, Leona Lewis en die groep Alien Ant Farm gaan optree.
Dié aankondiging volg ná amper twee weke van stilswye oor wie by die konsert gaan optree wat op 8 Oktober by die Millennium-stadion in in Cardiff, Wallis gaan plaasvind.
Die stadion het plek vir sowat 75 000 mense en die konsert sal wêreldwyd op televisie en in teaters uitgesaai word.
Die konsert word gesteun deur Jackson se ma, Katherine en sy broers, Randy en Jermaine.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AP