Christina Aguilera nie aangekla
2011-03-02 13:00
Los Angeles – Die sangsensasie Christina Aguilera sal nie vir dronkbestuur aangekla word nie.
Dít kom nadat Aguilera Dinsdag in hegtenis geneem is omdat sy dronk in die publiek was en nie na haarself kon omsien nie, het die polisie gesê.
Die 30-jarige ster het ‘n paar ure by die polisiestasie deurgebring sodat sy kon nugter word voordat sy vrygelaat is.
Die Grammy-bekroonde sanger was ‘n passasier in ‘n motor wat deur haar kêrel, Matthew Rutler, bestuur is toe hulle deur die polisie afgetrek word.
Rutler is vir dronkbestuur gearresteer.
Aguilera is na vier ure vrygelaat waarna ‘n vriendin haar by die polisiestasie kom haal het.
Sy het in Oktober verlede jaar egskeidingsdokumente by die hof ingedien om haar huwelik van die afgelope vyf jaar aan Jordan Bratman te beëindig.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters