Christa Steyn se toestand versleg
2012-01-18 07:01
Kaapstad – Dit gaan “nie te goed” met Christa Steyn, liedjieskrywer, pianis en musiekvervaardiger, nie.
Borskanker is aanvanklik by Steyn (53) gediagnoseer. Die kanker het intussen na die ruimte onder haar borsbeen en ook na haar lewer versprei.
Haar seun, Douw, het Dinsdag gesê die chemoterapie wat sy ma tot einde Desember ontvang het, het klaarblyklik nie gehelp nie.
Nuwe toetse is gedoen sodat haar dokters kan bepaal of ’n ander metode van chemoterapie of ander behandeling op haar toegepas kan word. “Intussen ontvang sy steeds die ou chemoterapie. Sy het juis (eer)gister chemo gekry en is tans in die bed.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- Die Burger