China: Geen kaal troufoto’s, asseblief

2010-11-12 13:22
Tweets Share Share line Print

Shanghai - ‘n Handelsvereniging van troufotograwe in China vra vir ‘n verbod op naakfoto's van pasgetroudes – ‘n nuwe gier onder die land se jong paartjies.

Die Shanghai Trouehandelsvereniging sê dié praktyk toon nie respek vir die instelling van die huwelik nie en het gewaarsku hulle sal die regering vra om enige ateljee wat sulke foto’s neem te verban, het die Shanghai Daily News Vrydag berig.

“Ons beveel nie sulke troufotograwe aan nie, aangesien hulle nie staan by die konserwatiewe tradisies van Chinese mense nie,” het die vereniging se adjunkpresident, He Lina, luidens die berig gesê.

“Troues behoort heilige seremonies te wees, so ons hoop jong mense kan respek toon.”

Anders as in die Weste, word Chinese troufoto’s gewoonlik maande vóór die seremonie geneem en poseer die paartjies gewoonlik in Westerse- en Chinese uitrustings.

Sommige ateljees het begin om die paartjies ‘n opsie te bied om hulself sonder enige klere af te neem, of met lakens of ander voorwerpe in strategiese plekke.

Liu Chunquan, ‘n prokureur, het aan die koerant gesê daar is niks onwettigs daaraan om naakfoto’s te neem nie, maar het gesê enigiemand wat sulke foto’s in die openbaar versprei kan van pornografie-verwante oortredings aangekla word.

Sommige van dié naakfoto’s is reeds op die internet versprei.

Aanhangers van dié soort foto’s sê weer dit vang ‘n paartjie se liefde vir mekaar en intimiteit vas.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- Sapa - AFP

Lees meer oor: shanghai  |  kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2008
R 164,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i Hi-Rider PU
2006
R 119,950.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2008
R 585,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.