Cheryl Cole sak inmekaar by fotosessie
2010-07-05 13:07
Los Angeles - Die sangeres Cheryl Cole het tydens 'n fotosessie in Londen die afgelope naweek ineengestort en dokters het haar nou geraadpleeg om 'n breek te neem.
Die Fight for This Love-sangeres het Saterdag ineegestort by 'n fotosessie vir haar nuwe album.
Sy moes ook nou tot verdere kennisgewing noodgedwonge aan Simon Cowell se program The X Factor, waarop sy 'n beoordelaar is, onttrek.
Sy is gediagnoseer met erge uitputting en toetse toon dat sy gastro-enteritis het.
Die 27-jarige Cheryl is besig om van haar man, Ashley Cole, te skei ná sy buite-egtelike verhouding aan die lig gekom het.
Lees meer by Contactmusic
Volg Nuus24 op Twitter