Charlize 'woedend' oor Kristen se skelm soen
2012-07-30 16:34
Los Angeles – Charlize Theron is “woedend” oor Kristen Stewart se verhouding met die regisseur Rupert Sanders.
Die Oscar-bekroonde aktrise is glo woedend dat haar mede-ster van Snow White and the Huntsman op Robert Pattinson gekul het, aangesien Charlize goeie vriende is met die 41-jarige filmregisseur se vrou, Liberty Ross.
“Charlize is woedend dat Kristen ‘n verhouding met Rupert gehad het,” het ‘n bron aan RadarOnline.com gesê.
“Sy is baie na aan Liberty, het gereeld saam met die familie oor aandete gekuier en kan nie glo Kristen het dit gedoen nie.
“Terwyl hulle almal Snow White and the Huntsman verfilm het, het Charlize soos ‘n ouer suster vir Kristen gevoel en hulle het altyd raad met mekaar gedeel.”
Die 36-jarige Suid-Afrikaanse skoonheid het goeie vriende met die 22-jarige Kristen geword, soveel so dat sy die aktrise gevra het om haar seun Jackson se peetma te wees. Nou voel sy verraai en sy is nie seker hoe om die situasie te hanteer nie.
“Charlize het haar nuwe vriendin vertel van haar planne om 'n kind aan te neem. Sy het Kristen selfs gevra of sy haar baba, Jackson, se peetma wil wees,” het die bron bygevoeg.
“Maar Charlize het geen idee gehad wat van tussen Rupert en Kristen aangaan nie en nou voel sy verraai deur die hele voorval.
“Dit plaas Charlize in ‘n moeilike situasie, want sy het baie simpatie met Liberty en die kinders en tog het sy ‘n susterlike liefde vir Kristen.”
Kristen is op 17 Julie op kamera gevang waar sy en Rubert soen, maar sy sê dit was net ‘n oomblik van swakheid en het ‘n formele verskoning aan haar kêrel van drie jaar, Robert Pattinson, uitgereik.
– Volg Nuus24 op Twitter
- BangShowBiz