Charlize slaan ninjas stukkend
2010-07-09 21:34
Kaapstad – Charlize Theron moes haarself al in verskeie uiteenlopende rolle plaas, maar dié keer slaan sy ninjas stukkend en kom tot Brandon Flowers, die hoofsanger van The Killers wat nou solo gegaan het, se redding.
Crossfire is die eerste enkelsnittreffer van Flowers se solo-album Flamingo, wat deur Stuart Price, Daniel Lanois en Brendan O’Brian vervaardig is en ons eie Suid-Afrikaanse skoonheid speel in sy musiekvideo.
Die album sluit liedjies in wat oorspronklik vir The Killers se volgende album bedoel was.
Kyk die video hier