Charlize op filmfees vereer
2012-01-10 12:16
Los Angeles – Die aktrise Charlize Theron is die afgelope naweek op die Palm Springs Festival deur Variety vereer vir haar onafhanklike filmwerk en uitstaande bydrae tot die kuns.
Dié toekenning is Sondag op 'n sterbelaaide geleentheid by die Parker-hotel aan haar oorhandig.
"Charlize Theron maak steeds 'n impak deur haarself toe te wy aan films wat die beste voorbeelde van onafhanklike filmwerk is," het Steven Gaydos, uitvoerende redakteur van Variety, gesê.
Philip Seymour Hoffman en Mark Wahlberg is ook al met Variety se toekenning vir onafhanlike flimwerk vereer.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter