Charlize kies 'n NY-boerseun
2010-10-08 05:18
New York – Die Oskar-bekroonde Charlize Theron gaan blykbaar uit met Eric Thal, 'n boer/akteur wat ‘n plaas in New York-staat besit.
‘n Vriend van Eric het vir die tydskrifte Life en Style gesê dat dié twee perfek is vir mekaar en baie in gemeen het.
“Hy’s ‘n boer wat sy eie groente plant, en sy het op ‘n plaas in Suid-Afrika grootgeword,” sê Eric se vriend.
Charlize Theron, wat grootgeword het op ‘n plot in Benoni, het in Januarie 2010 met Stuart Townsend uitgemaak en is sedertdien enkellopend.
“Hulle hou daarvan om te ontsnap na Eric se plaas”, het die vriend vertel.
Eric (45) is self ‘n Hollywood akteur.
Hy was te sien in flieks soos Six Degrees of Separation en The Puppet Masters.
Sedert Charlize en Stepen Townsend uitgemaak het, was Charlize Theron vlugtig met Keanu Reeves en Ryan Gosling betrokke.
Volg Nuus24 op Twitter.