Charlize erken Mandela-flater
2009-11-01 01:28
Johannesburg - Charlize Theron, Oscar bekroonde Suid-Afrikaanse aktrise, het erken sy het ‘n ontmoeting saam met oudpres. Nelson Mandela sonder sy medewete of toestemming opgeveil.
Haar uitgewer, Amanda Silverman het gesê in ‘n poging om geld in te samel tydens ‘n liefdadigheidsfunkise en met die opwindinding van die aand, het Theron ‘n ontmoeting saam met Mandela asook ‘n reispakket na Suid-Afrika ingesluit.
Dit was gedoen sonder om eers met sy presidensiële kantoor daaroor te praat.
“Dit het toe aan die lig gekom dat ‘n ontmoeting met Mandela nie moontlik is nie.”
“Die vrygewige donateur, wie suksesvol op die pakket gebie het, is bewus hiervan. Almal is net opgewonde oor die sukses van die aand,” het Silverman gesê.
Internasionale media het die afgelope week wyd berig dat Theron ‘n ontmoeting met oudpres. Nelson Mandela vir volgende jaar in Suid-Afrika opgeveil het, tesame met ‘n 2010 sokker Wêreldbeker reis.
Sy kon egter net R280 000 insamel, en het toe aan ‘n gelukkige bieër ‘n soen aangebied.
‘n Vrou wie meer as R1 miljoen gebie het, was toe die gelukkige ontvanger van die soen en die ontmoeting met Mandela. Maar Silverman asook die Nelson Mandela stigting het gesê die ontmoeting is nie moontlik nie.
Achmat Dangor, uitvoerende hoof van die stigting, het gesê ‘n baie streng proses moet gevolg word om ‘n ontmoeting met Mandela te reël.
“Nie eens die liefdadigheidsfunksies wat Mandela self gestig het, mag ontmoetings met hom opveil nie."
- Sapa