Charlize dalk Diana in een van 3 flieks

2012-02-12 07:06
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Drie flieks oor die lewe van prinses Diana word binne die volgende twee jaar bekend uitgereik.

Naomi Watts, bekend om King Kong, het pas gehoor sy gaan die rol van die prinses vertolk in Caught in Flight. Dié fliek gaan fokus op die twee jaar voor Diana se dood in Augustus 1997. Oliver Hirschbiegel is die regisseur.

Charlize Theron is steeds die voorloper om die hoofrol in ’n ander fliek oor die lewe van prinses Diana. Carey Mulligan is die ander aktrise wat oorweeg word.

Die fliek is gegrond op Ken Wharfe se boek Diana: Closely Guarded Secret en gaan fokus op die jare voor haar egskeiding van prins Charles.

Dit gaan £30 miljoen (sowat R358 miljoen) kos en in 2013 uitgereik word.

Die kans is goed dat Ewan McGregor die rol van Wharfe, ’n voormalige lyfwag, gaan speel.

Wharfe het agt jaar lank die prinses se seuns, William en Harry, opgepas voordat hy dié omstrede boek in 2007 gepubliseer het.

Stephen Evans is as die regisseur aangewys. Hy het onlangs sy staal gewys met die sukses van The Iron Lady oor die voormalige Britse premier Margaret Thatcher.

Die fliek gaan nie melding maak van haar verhouding met Dodi Al­Fayed of al die verskillende teorieë oor haar dood in ’n motorongeluk in Parys in 1997 nie.

“Die doel is nie om te sê Diana was ’n ongelooflike vrou of sy was ’n pyn in die nek nie; die gehoor moet self besluit,” het Evans gesê.

Die derde fliek is Diana. Keira Knightley en Scarlett Johansson ding nog mee om dié hoofrol.

Bronne: www.timesofindia.com; www.sheknows.com; www.cbsnews.com 

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2008
R 164,990.00

NISSAN

Hardbody 2400i Hi-Rider PU
2006
R 119,950.00

LAND ROVER

Discovery 3 2.7 TDV6 HSE 4x4 Dsl AT
2008
R 585,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.