Charlize binnekort in Mad Max
2009-10-31 04:47
Los Angeles - Charlize Theron sal binnekort in ‘n nuwe Mad Max fliek te sien wees, 25 jaar na die Mel Gibson reeks bekend gestel is.
Die rol van Max Rockatansky, held van die post-apokaliptiese samelewing, sal nié die keer deur Mel Gibson vertolk word nie, maar deur Tom Hardy van Black Hawk Down.
Mad Max: Fury Road, wat dan die vierde episode sal wees, se regie sal weer deur George Miller behartig word.
Mel Gibson was 21 toe hy in die eerste Mad Max fliek gespeel het en dié fliek het vinnig kultusstatus bereik.
Die tweede fliek, getiteld The Road Warrior het in 1981 uitgekom.
In 1985 het die derde Mad Max sy opmaking gemaak, Beyond Thunderdome, waarin die sangeres Tina Turner ‘n rol vertolk het.
- Sapa