Charlize Theron haal uit en wys
2012-02-05 06:59
Johannesburg – Charlize Theron (36) speel ’n Hollywood-sekskatjie in ’n fotosessie vir die jongste uitgawe van die glanstydskrif Vanity Fair, hoewel sy baie meer plat op die aarde is.
Dié Suid-Afrikaanse aktrise is blykbaar bekend daarom dat sy lief is vir ’n drankie en ’n partytjie, dat sy vloek soos ’n matroos en dat sy nie skroom om vuil grappe te vertel nie.
Jason Reitman, regisseur van haar jongste fliek, Young Adult, sê toe hy haar die eerste keer ontmoet het, het sy vir hom ’n skurwe grap vertel.
“Ek het sommer op daardie oomblik geweet ek is lief vir dié vrou,” lag hy.
“’n Vrou met so ’n sin vir humor is sekerlik die aantreklikste ding op aarde.”
In Young Adult vertolk sy die rol van ’n vrou met ’n vuil mond wat lief is vir haar dop. En sy lyk ook maar erg verslons.
Maar vir die sexy foto’s vir Vanity Fair is Theron in ’n heel ander gedaante. Sy dra ’n kort, swart baadjie, ’n swart broekie en weinig meer. Van die foto’s is ook in die aand geneem waar sy ’n baadjie, ’n swembroek en hoëhakskoene dra.
Sy sê sy en die regisseurs spot altyd dat enige teks wat huil, depressie en martel bevat, altyd op haar lessenaar beland.
“Dit was lekker om vir ’n slag iets anders in Young Adult te doen.”
Volg Nuus24 op Twitter
- Rapport