Charlie Sheen is dwelmvry
2011-02-15 12:22
Los Angeles – Die Two and a Half Men-akteur Charlie Sheen het twee dwelmtoetse geslaag sedert hy rehabilitasie by die huis ontvang.
Sheen, wat in die hospitaal opgeneem is nadat hy vir 36 ure alkohol en kokaïen ingeneem het, ontvang behandeling by sy huis in Los Angeles met ‘n span kundiges wat hy self aangestel het.
Al het sy vriende hom aangeraai om eerder by ‘n rehabilitasiesentrum hulp te kry, wil dit voorkom of Sheen se ongewone metode wel werk.
Volgens die skinderwebwerf TMZ.com het Sheen verlede week sowel as Maandag toetse ondergaan en dit geslaag. Die uitslae van die toetse is ook aan sy werkgewers by Warner Brothers gestuur sodat daar besluit kan word wanneer verfilming aan die sitkom hervat gaan word.
- Vir meer inlingting besoek iafrica.com.
- Volg Nuus24 op Twitter.