Charlie Sheen in rehabilitasiesentrum
2011-01-31 15:02
Los Angeles – Die bekende akteur Charlie Sheen het homself by ‘n rehabilitasiesentrum ingeboek.
Die Two and a Half Men-akteur is vroeër in die hospitaal opgeneem weens geweldige maagkrampe na ‘n 36-uur sessie van dwelms en alkohol by sy huis in Los Angeles.
“Charlie Sheen het vrywilliglik by ‘n rehabilitasiesentrum ingeboek om hulp vir sy probleme te kry,” het sy woordvoerder gesê.
Sheen se werk by sy televisieprogram, Two and a Half Men, is tydelik opgeskort.
Sheen se pa, Martin Sheen, is glo baie bekommerd oor sy 45-jarige seun se gesondheid en het hom aangeraai om hulp te kry.
- Volg Nuu24 op Twitter.