Charlie Sheen betaal glo porno-ster om te partytjie
2011-02-01 13:59
Los Angeles - Die akteur Charlie Sheen is besig om homself dood te maak, het ‘n porno-ster gesê wat saam met hom gekuier het.
Die Two and a Half Men-akteur het verlede week ‘n 36-ure sessie van seks en dwelms by sy Los Angeles-huis gehad.
Kacey Jordan, die 22-jarige porno-ster, het gesê sy was verbaas oor Charlie se gedrag. Hy is na ‘n hospitaal gehaas nadat hy herhaaldelik kokaïne gebruik het.
Jordan is $5000 (sowat R36 000) betaal om die partytjie by Charlie se huis by te woon.
Sy beweer hy het deur die loop van die aand meer dwelms bestel nadat dit wat hy gehad het, opgeraak het.
Lees die volledige storie by iol.
Volg Nuus24 op Twitter.